Charlotte-Marie Kuns

 

Mountain View Country Inn

 

36 Botha Street / PO Box 14

Lady Grey

9755

 

Phone: 051-603-0421

Fax: 051-603-0114

 

Email: mountainview@ladygrey.co.za

 ENQUIRIES

 

Charlotte & Johann Stoltz

Cell. 082 898 9352

Email : johannstoltz@vodamail.co.za

 

 Chann Music

17 Stephenson Street

Lady Grey

9755

Charlotte is 'n pastoriedogter, wat van kleins af 'n fyn waarnemingsvermoee ontwikkel het weens blootstelling aan kuns, musiek, kultuur, die natuur, met 'n besondere belangstelling en uitdrukking in kuns.  Soos haar twee broers en suster, het sy deur haar hele skoolloopbaan klavieronderrig ontvang, en dit as matriekvak geneem.  Sy het met die fluit aan 'n Nasionale Jeugorkeskursus in Kaapstad deelgeneem. 

 

Na skool het sy BA(Ed)Kuns aan UP gestudeer en as kunsonderwyseres by Hoërskool Florida begin, waar sy egter ook die Kadetorkes van die skool afgerig het, en self trompetonderrig ontvang het. Sy was lid van die Johannesburg City Brass Band.  Na 'n draai in die filmbedryf en boubedryf, het sy musiek begin doseer aan Hoërskool Ermelo.

 

Dit was gedurende die volgende 11jaar in Ermelo, dat sy 'n ongekende belangstelling in al die hout- en koperblaasinstrumente ontwikkel het, die karakter van elke instrument en persoonlikhede van leerders by mekaar leer bring het, maar self Unisa-eksamens daarin afgelę het.  Menige leerder het matriek asook Finaal in hul instrument onder haar leiding afgelę.  Sy het talle aan nasionale en streeksorkeste laat deelneem, en haar mees belowende student het o.a. 2x die koperblaasafdeling gewen tydens die ABSA Nasionale Musiekkompetisie te Port Elizabeth.  Hierdie student het in sy graad 11 jaar 93% vir sy trompet Finaal aan Unisa behaal.

 

Charlotte het in 1994 die skool se befaamde orkes oorgeneem by Johann Stoltz, (met wie sy later in die huwelik getree het) en gestand gedoen aan die volgehoue mededinging tot op SA Kampioenskapsvlak. Sy was mede-afrigter van die Mpumalanga Prestige Orkes, wat 2x Taipei besoek het.

 

In 2000 het Johann en Charlotte in die huwelik getree en Charlotte het haar by haar man, wat toe reeds in Kroonstad woonagtig was, aangesluit.  Hier het sy aan Hoërskool Kroonstad weer orkesinstrumente onderrig, 'n orkes op die been gebring (wat die SA's gaan meemaak het in Empangeni) en 'n NPO (Non Profit Organization) genaamd die Blue Note Arts Academy tot stand gebring.

 

Die Beheerliggaampos wat sy by die skool beklee het, is in 2006 beeindig.  In reaksie op 'n advertensie in die dagblad, het Charlotte die pos te Lady Grey Kunste Akademie, na 'n suksesvolle onderhoud, aanvaar, en het hulle hulself hier kom vestig.  Die landelike omgewing is ideale omstandighede om permanent in te woon.

 

Na 1 en 'n half jaar het Charlotte en Johann privaat onder die naam CHANN-Musiek verder uitgebrei met die onderrig van musiek in omliggende dorpe, nl. Zastron op Maandae en Dinsdae, Sterkspruit en Barkley-Oos op Woensdae en Donderdae en Vrydae by LGKA.  Hulle bedien altesaam sowat 130 leerders per week, het die Blue Maluti Concert Band ('n streeksorkes) begin vorm, wat reeds in September vanjaar 'n onbeskryflike ervaring meegemaak het toe hulle die besoekende Duitse Jeugorkes onder borgskap van MIAGI SA in Bloemfontein kon ontmoet.  Die NPO wat in Kroonstad gestig is, word tans weer in die lewe geroep, sodat daar weer vir befondsing en borgskappe aansoek gedoen kan word.

 

Charlotte het die volgende hoogste eksamens suksesvol afgele deur die loop van die tyd: klavier en fluit gr 8, trompet gr 7, tromboon en tenoorsaxofoon gr 6, fagot, altsaxofoon en klarinet gr 4, klassieke kitaar gr 3, hobo gr 2, viool en tjello gr 1.  Haar kuns het ook nie agterwee gebly nie; sy het af en toe gereeld uitstallings gehou, en in Ermelo veral, het sy baie dekordoeke  geskilder vir operettes en blyspele wat daar opgevoer is.  Haar jongste solo-uitstalling is in Lady Grey gehou in Junie vanjaar.  Haar onderwerpe sluit in landskappe, stillewes, portrette/diere, interieurs, wat uitgevoer is in olie, akriel, pastel en guache. Haar styl wissel van realisties tot ekspressionisties.

 

Johann sluit hom na martiek aan, as stigterslid, by die Gevangenisdiensorkes Begin die Gevangenisdiens Kleurlingorkes te Pollsmoor in 1970. Studeer in musiek en behaal n onderwyslisensiaat, Klarinet, asook Gr 8 teorie en die Algemene Toonkuns, by Royal School of Music. Verder slaag hy ook in die volgende praktiese eksamens by UNISA, Gr. 8 (finaal) Klarinet, Gr 7 Tenoorsaksofoon.

 

Doseer musiek by Ermelo Hoërskool vanaf 1976 tot 1994. Gedurende hierdie tyd rig hy ook orkeste af vir Musiekblyspele en Revue's asook die skool se beroemde kadetorkes. Word ook aangestel deur die SAW om 'n orkes saam te stel en af te rig wat Suid-Afrika verteenwoordig in Teipei in Teiwan in 1992.

 

Sluit hom aan by die SAW in 1994 as Direkteur Musiek Mapumalanga staforkes. Word gekoopteer deur die SANW om weer 'n orkes,bestaande uit skoolleerders,te begin om weer te gaan deelneem in Teipei. Die Staforkes ontbint in 2000 en hy word oorgeplaas na die Senior Staforkes in die SANW te Kroonstad, waar hy in 2005 aftree na 43 jaar as profesionele musikant.

 

Tans is hy deeltyds, in 'n privaathoedanigheid, betrokke by Sterkspruit Christain School, met die afrigting van Hout-en Koperblaasinstrumente en musiekteorie.

 

Lady Grey-Home | The Village | Accommodation | History

Page sponsored by — Mountain View Country Inn — Lady Grey

Lady Grey

& Chann Musiek

Chann Music

 

Private Music tuition of all types of instruments for UNISA, TRINITY,

ROYAL SCHOOLS,

FET—PRACTICAL. 

 

Chann Music is also the home base of the Blue Maluti Concert Band.

 

 

 

 

Accommodation

 

 

 

 

Art & Crafts

 

 

 

 

Annual Events...

 

 

Lady Grey Accommodation Hotel B&B Self Catering Guest House Wartrail Skyrun Lammergeyer Challenge Passion Play MacNab Sterrefees Music Festival Musiek Fees Kunste Fees Senqu Tourism Lady Grey Tourism Lady Grey Accommodation Hotel B&B Self Catering Guest House Wartrail Skyrun Lammergeyer Challenge Passion Play MacNab Reach for the Stars Sterrefees Music Festival Musiek Fees Kunste Fees Senqu Tourism Lady Grey Tourism Lady Grey Accommodation Hotel B&B Self Catering Guest House Wartrail Skyrun Lammergeyer Challenge Passion Play MacNab Sterrefees Music Festival Musiek Fees Kunste Fees Senqu Tourism Lady Grey Tourism Lady Grey Accommodation Hotel B&B Self Catering Guest House Wartrail Skyrun Lammergeyer Challenge Passion Play MacNab Sterrefees Music Festival Musiek Fees Kunste Fees Senqu Tourism Lady Grey Tourism

 

 

 

 

 

 

 

 

About Lady Grey

Where to Stay

 

 

Activities

 

 

 

 

Nature

 

 

 

 

 

 

 

 

Historic

 

 

Lady Grey Accommodation Hotel B&B Self Catering Guest House Wartrail Skyrun Lammergeyer Challenge Passion Play MacNab Sterrefees Music Festival Musiek Fees Kunste Fees Senqu Tourism Lady Grey Tourism Lady Grey Accommodation Hotel B&B Self Catering Guest House Wartrail Skyrun Lammergeyer Challenge Passion Play MacNab Reach for the Stars Sterrefees Music Festival Musiek Fees Kunste Fees Senqu Tourism Lady Grey Tourism Lady Grey Accommodation Hotel B&B Self Catering Guest House Wartrail Skyrun Lammergeyer Challenge Passion Play MacNab Sterrefees Music Festival Musiek Fees Kunste Fees Senqu Tourism Lady Grey Tourism Lady Grey Accommodation Hotel B&B Self Catering Guest House Wartrail Skyrun Lammergeyer Challenge Passion Play MacNab Sterrefees Music Festival Musiek Fees Kunste Fees Senqu Tourism Lady Grey Tourism

 

 

Music

 

 

Cripton

Related Links